PINKSTER AANDTEMAS
Sondag: Het jy ‘n honger, stil, gefokusde hart?
Maandag: Wat hoor jou hart oor die Heilige Gees?
Dinsdag: Wat hoorjou hart oor die Heilige Gees in mense
Woensdag: Wat hoor jou hart oor die Heilige Gees in ons samelewing? Donderdag: Word toergerus met krag vir diens.

PINKSTER-EREDIENSTE

Vanaf vanaand (Sondag) tot Donderdagaand wat gelei sal word deur ds. Arrie. Vanaand se diens begin om 18:30, maar die res van die week saans om 19:00. Lw! Daar is in die week elke middag om 16:00 die gebruiklike erediens vir seniorburgers of enige persoon wat nie in die aand kan kom nie. Saans sal ds. Bennie die Kinderpinkster erediens in die saal behartig.


Wat is daar in ‘n naam?


Ons gemeente het minstens twee name,
naamlik Heidelberg Moedergemeente en Klipkerk.
Waarskynlik het laasgenoemde naam hoofsaaklik te doen met die pragtige sandsteengebou waarin ons die Here aanbid. Dit is inderdaad ‘n besondere kunswerk wat ons maar so elke nou en dan opnuut kan bewonder en waardeer!
Op ‘n ander vlak het die naam vir sommige mense ‘n geestelike inhoud. Vir party klink die naam “Klipkerk” negatief, so al asof dit half spottend verwys na lidmate met harde, koue harte. Hoe hartseer sal dit wees as dit in sommige gevalle die waarheid weerspieel!
Aan die positiewe kant kan die naam gebruik word om lidmate aan te dui wat gevestig is op Jesus, die Rots van alle eeue! Hy is die Hoeksteen wat deur mense verwerp, maar deur God tot die ereplek uitverkies is. Gelowiges wêreldwyd, maar ook in ons gemeente, word as lewende stene saamgevoeg tot ‘n heilige tempel vir die Here! En sommer as nagedagte, ons in die Klipkerk wil verseker nie die eer aan klippe gee om in ons plek Jesus se eer te besing nie (sien Lukas 19:38-40).
Wat kan ons doen om die naam Klipkerk ‘n positiewe eretitel te maak?
Ons kan al meer erns maak met ons verhouding met God. Ons kan Jesus se woorde dat ons niks sonder Hom kan doen nie, maar baie vrug kan dra as ons in Hom bly, heelhartig aanvaar en uitleef. Wanneer ons die Heilige Gees daagliks beheer oor ons woorde, dade, denke en gesindheid gee, sal mense buite die gemeente dit raaksien.
Miskien sal die volgende van ons gesê word: “Daardie mense in die Klipkerk maak ‘n verskil in Heidelberg!” Bo alles sal God met goedkeuring na ons kyk en sal ons eendag die allerkosbaarste woorde uit sy Mond hoor:

“Geseënd is julle wat aan My gehoorsaam was en My in Heidelberg verteenwoordig het. Kom in en geniet ‘n ewigheid saam met My in My koninkryk!”
Kom ons maak ons gemeente se naam iets wat met dankbaarheid en respek deur mense om ons gebruik sal word!

Ons vra....

Voorbidding vir:
Britsie Greyling
Andre de Jager
Martie Huisamen
Mariaan Smit
Eddie Edwards
Inneke Vermaak
Rita Jonas
Alta Bester

Ons benodig:
KOMBERSE ! ! !
Winter weer om die draai. Ons hardloop die gebruiklike kombersprojek. Bring enige kombers wat skoon en in ‘n goeie kondisie is kantoor toe. Groot groot asseblief

MASINCEDANE VRA spesifiek
VIR COKE & WATERBOTTEL PROPPIES
  Tye
Gebeds Geleentheid:br />Sondae  08h30
Eredienste:
Sondae 09h00
JKJA
Sondae  17h00
SKJA
Sondae 18h00  
BKJA
Sondae 18h00
Bybelskool
Dinsdae 10h00 en 19h00